Latest Music Trending

Dirk van der Westhuizen – Net So (Mmm)

As jy al ooit gevoel het dat jy van iemand hou, maar nie jou gevoelens in woorde kan sit nie, is die splinternuwe enkelsnit net vir jou!

“Soveel keer gebeur dit dat mense van mekaar hou, maar hulle het net nie die woorde om te beskryf hoe hulle oor mekaar voel nie,” sê Dirk.

Volgens die sanger het hy juis op dié liedjie as sy volgende enkelsnit besluit omdat dit altyd ’n glimlag op sy gesig sit en hy voel die publiek sal beslis daarmee kan vereenselwig. “Ek dink baie mense gaan hulself in daardie posisie kan plaas want almal van ons het op een of ander stadium nie woorde gehad vir iemand wat so met ons toor nie!” Die opgewekte goedvoel-liedjie sal enige iemand, jonk of oud, laat saam sing én dans.

Die musiekvideo hiervan is ook onlangs vrygestel en het binne vier weke meer as 100 000 kyke gekry!

Ek het nie ‘n woord daarvoor nie, en ek het nie meer sêgoed oor nie maar hoor hier jy toor hier met my… jys net so mmm…” – Dirk vd Westhuizen

 

About the author

Guest Contributor

Add Comment

Click here to post a comment

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

What you’ve missed