Latest Trending

Nuwe vrystelling: Jou Wêreld deur Frikkie van Biljon

Jou Wêreld is die nuutste vrystelling deur Frikkie van Biljon, ‘n talentvolle nuweling in die musiekw ê reld wat in 2017 sy debuut gemaak het. Dit is die derde enkelsnit wat hy die jaar vrystel na die sukses van Altyd by My en Elke Tree vroe ër vanjaar. Frikkie werk tans aan `n volledige album wat in 2018 vrygestel gaan word waarop die 3 enkelsnitte, asook verskeie ander titels uit sy pen te hoor gaan wees. Paul Venter en Albert Short is van die mede-skrywers wat ‘n bydrae tot die album lewer en toonsettings deur Steffie le Roux gaan ook op die album ingesluit word.

Frikkie het al begin om te sing op die vroeë ouderdom van 5-jaar. Hy het al ‘n eretoekenning van die ATKV ontvang vir die bevordering van Afrikaans deur sang. Op universiteitsvlak was hy
gekeur vir die Alabama en neem vir 6-jaar deel aan die enkelsêr en binglesêr kompetisies op die PUK kampus. Hy skryf ook eiekomposiesies vir verskeie koshuise waarvan 6 van sy
musiekstukke top 5 behaal het op verskeie geleenthede. Hy neem deel aan koshuistoneel en wend sy talente aan om te help met die beplan, skryf en afrigting van verskeie eerstejaarskonserte. Verder rig hy ook 3 sanggroepe af. Hy het in 2017 die rol van Martin Luther
vertolk in die dramatiese reformasie uitvoering, Uit Diep van Donker Nagte , met Ina Opperman as regisseuse.

Na `n lang breek van die kunstewêreld besluit hy om weer sy droom na te streef en begin in 2017 weer met sangopleiding. In Julie 2017 het hy sy eerste enkelsnit uitgereik (Altyd by my) wat hy geskryf het in samewerking met Albert Short. Die lied was op verskeie gemeenskapsradiostasies gespeel regoor Suid-Afrika. Die musiekvideo is ook te siene op KyknetNou. (Luister hier: Altyd by My)

Die verrassende nuwe klank van Frikkie se musiek is kenmerkend in Jou Wêreld waarin hy nie net sing nie, maar self ook klavier speel. Die lirieke is geskryf deur Frikkie en Cherish van den Berg en voer mens mee na ‘n hartsplek vol emosie. Ander kunstenaars wat ‘n bydrae tot die enkelsnit lewer is Ruan Kirsten op dromme en Bruwer Malan op kitaar. Jou Wêreld is vervaardig deur Bruwer Malan en mede-vervaardig deur André Hurter. Dit word uitgegee deur Independent Artistry Records SA. Die lied word tans op talle radiostasies regoor Suid-Afrika gespeel insluitend: GrootFM, CaledonFM, Radio Rosestad, Lichvaal Stereo en vele ander. Dit ook digitaal beskikbaar op die volgende platforms: Google Play Music, iTunes, Apple Music, Deezer, Shazam en Amazon Music.

Volg vir Frikkie op Sosiale Media:

Facebook: https://www.facebook.com/frikkievb
Instagram: https://www.instagram.com/frikkievb/
SoundCloud: https://soundcloud.com/user424454694
Twitter: https://twitter.com/frikkievb

Besprekings:
Agent: Independent Artistry Records SA
Kontaknommer: 072 995 4488
Eposadres: frikkievb@gmail.com

Fotos:
Fotograaf: Francois Olivier
Grimering: Debbie Ellis
Hare: Exquisite Hair Design (Centurion)

About the author

Riaan Beeslaar

Add Comment

Click here to post a comment

Click For Tickets

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

Instagram

  • As beautiful as her voice !! Link in bio hellip
  • Read all about megskyler !! Link in bio !!! megskylerstudioshellip
  • Meeting Jack from isidingo !! isidingo series BlueMonkeyMag celebrity followforfollowhellip
  • Lees meer oor frikkievb Se Jou WreldLink in bio afrikaanshellip
  • Wild and spirited !! megskyler !! Link in bio !!hellip
  • Dave Matthews Band Violinist Boyd Tinsley Announces Break From Grouphellip
  • Spice Girls Hint at Reunion New Opportunities Together spicegirls reunionhellip
  • frikkievb se Jou Wreld nou beskikbaar !! Link in biohellip
  • Get your tickets from bluemonkeymag and save money !!!! faithlesshellip

The Team

Slider

Black and White Tattoos

Arrow
Arrow
Slider

What you’ve missed