Latest Music

Michelle Grace Glo Weer…

Klassieke Crossover Mezzo-Sopraan, Michelle Grace, het haar nuwe Afrikaanse enkelsnit ‘Ek glo in jou’ bekend gestel op 24 Julie 2019.

‘Ek glo in jou’ is ‘n klassieke crossover gospel lied, geskryf deur Rudi Claase. ‘Ek het nie die lied gekies nie, die lied het my gekies. Toe ek dit die eerste keer hoor was daar ‘n groot roering in my hart, siel en gees’ het Grace vertel. ‘Ek glo in jou’ handel oor die eensaamheid wat mense soms beleef wanneer niemand saam met jou in jou of jou drome glo nie, en die belangrikheid dat jy in jouself moet glo. Grace verduidelik; ‘Die lied se boodskap is dat elke mens nooit moet ophou om te glo in jouself, in liefde, geloof, drome en sukses nie. Die belangrikste is om te weet dat God altyd in jou sal glo’.  Sy verduidelik verder dat die lied oor haar pad gekom het toe sy self deur ‘n moeilike tyd gegaan het, waar haar geloof soms gewankel het en die lied het haar gehelp om weer in haarself te glo.

Grace is ‘n talentvolle sangeres wat haar mezzo-sopraan stem maklik aanpas om in enige kontemporêre, gospel of pop genre te pas. Sy’t ryk familie geskiedenis van opera sangers; haar oupa was ‘n opera sanger en so ook sy oupa. Sy’t as baba reeds in die huis rondgeloop sing en boude swaai op Al Debbo se ‘Hasie, hoekom is jou stert so kort’. In die Laerskool was sy deel van ‘Willie en die Wenspan’ se gospel kindergroep. Sy’t vanaf ‘n jong ouderdom sanglesse by haar oupa ontvang, en hy’t haar baie gehelp met haar tegnieke. Sy’t op die ouderdom van 12 opleiding begin kry wat ooreenstem met die Italian Technique. Sy’t aan heelwat sang kompetisies deelgeneem en gereeld sertifikate en medaljes huis toe geneem. Grace word steeds afgerig deur die bekende Suid Afrikaanse opera sangeres Lorraine Havemann, in Italiaans, Duits asook musiek teorie.

Met twee albums agter haar naam, was Grace op verskeie van bekende Suid Afrikaanse TV programme, soos DKNT, Jukebox, Glitterati en JAM. In 2012 word sy benoem vir  die ‘Beste opkomende kunstenaar van die Jaar’ by Bok Radio se Bokkie Toekennings. Nog ‘n hoogtepunt vir haar was toe sy die lied ‘Heavenly’ opgeneem het vir die voormalige ‘America’s Got Talent’ wenner Jackie Evanch, geskryf en vervaardig deur Rudi Claase.

Grace is tans besig om haar musiek video klaar te maak en werk ook aan ‘n nuwe album.

Sy is ook opgewonde om te deel dat Aria Johnson, die eienaar van The Golden Voice an Artist Development Company in Los Angles, met haar gaan werk en help om verder te ontwikkel as ‘n kunstenaar.

The Marketing Zoo

About the author

Guest Contributor

Add Comment

Click here to post a comment

Download Issue 2

Download Issue 1

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

What you’ve missed