Events Latest What's Happening

MUSIEK SOOS GROND!

’N MUSIEKERVARING HIERDIE SATERDAG WAT JY NIE WIL MISLOOP NIE!

The Big Red Barn (Pretoria) gaan hieride naweek die tuistes wees van ‘n baie unieke en betowerende musiekkonsert, wat beloof om die mees aangrypende musiek en van die beste talent in Suid-Afrika ten toon te stel!

Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds gaan almal die verhoog deel en nie net hulle eie verwerkings opvoer nie, maar ook saam musiek maak en mekaar begelei.

“Ek het eendag besef dat mense in die gehoor, by konserte, soos grond is waarop musiek val. Elkeen ervaar dit anders en uit daardie belewenis groei daar iets uniek. Daarom wil ons by elke vertoning ’n afwagting, eerder as ’n verwagting skep, sodat almal saam met ons kan kom ervaar hoe die aand uitdraai,” sê Joshua na die Reën wat die musiekproduksie behartig.

Die eerste MUSIEK SOOS GROND vertoning het onlangs  by Villa Avianto in Bloemfontein plaasgevind en dit was ‘n reuse sukses!

“Die kunstenaars wat betrokke is by die projek, is almal mense met dieselfde hart vir musiek wat as gevolg van ’n sameloop van omstandighede paaie gekruis het, en die doelwit is om hierdie konsep te groei sodat daar in die toekoms meer musikante betrokke kan wees,” sê Joshua na die Reën verder.

Buiten vir hoë gehalte musiek, sal gaste ook bederf word met gourmet-geregte, lekker wyn en goeie koffie om die geleentheid mee af te rond.

4 Mei 2019 – The Big Red Barn, Pretoria

Deure open om 17h00 en sluit weer om 22h00. Gaste is welkom om piekniekkomberse, kampstoele of kussings te bring om op te sit terwyl hulle saam kuier.

Kaartjies sal beskikbaar wees by www.musieksoosgrond.co.za en sal wissel tussen R200 en R250 per persoon.

About the author

Guest Contributor

Add Comment

Click here to post a comment

Download Issue 2

Download Issue 1

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

What you’ve missed