Latest Music Trending

Arno Jordaan verklaar Derde Wêreldoorlog

Arno Jordaan, die man agter treffers soos Engele en Richterskaal het sopas besluit dit is weer tyd om Suid Afrika stom te slaan met nog n meesterstuk!

Derde Wêreldoorlog is ‘n regte “Arno-tipe liedjie.” Die lied is in die styl waaraan meeste van Arno se aanhangers gewoond is en hulle sal lekker hierop kan dans. Arno wil hê sy musiek moet ‘n boodskap van blydskap oordra. “Of dit nou ‘n glimlag of ‘n traan is…Dit moet dié van blydskap wees.” – Arno Jordaan

Met meer as een miljoen trefslae op YouTube, nommer een treffers op verskeie radiostasies, goue en platinum albums, Ghoema benoemings en verskynings op Huisgenoot Skouspel en Afrikaans is Groot, is Arno Jordaan geen vreemdeling nie.

’n Musiekvideo vir die nuwe enkelsnit is ook in die pyplyn, maar Arno wil nie te veel verklap nie.

Voorsmaak van Derde Wêreldoorlog

Arno is tans druk besig om aan sy nuwe album te skaaf en skuur, wat op sy verjaardag vrygestel gaan word. En hy werk aan die Boobaloo Expo wat vir ’n tweede keer aangebied word op 1,2 en 3 Maart in die Sun Arena van Pretoria. Maar vir nou, verklaar hy ’n ‘derde wêreldoorlog’…

Ondersteun en volg Arno Jordaan op:

Facebook: Arno Jordaan

Twitter: @ArnoJordaan

Instagram: @arnojordaan

 

marketingzoo.co.za

 

About the author

Guest Contributor

Add Comment

Click here to post a comment

Download Issue 1

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

What you’ve missed