The Latest Read What's Happening

DOZI Stel Gratis Album Vry!

DOZI GAAN NUWE ALBUM GRATIS AANLYN BEKENDSTEL SODAT ALMAL DIT KAN BELEEF!

Op Saterdag, 27 Junie 2020 om 15h00 die middag gaan DOZIsy splinternuwe album, VREDE, wat reeds digitaal beskikbaar is, amptelik aan die publiek bekendstel met ‘n gratis aanlyn-vertoning via sy Facebook-blad. Hierdie bekendstelling gaan plaasvind met ‘n lewendige vertoning direk vanaf sy pragtige restaurant-teater, Smokey Sanches, op sy plaas!

Ek gaan elke nuwe liedjie op my album vir die mense sing”, sêDOZI opgewonde.  “Ek gaan die warmste “session band” in die land saam met my op die verhoog hê.  Maurtiz Lotz, Vinnie Henrico en Leon van Rensburg kom saam met my speel en ek kan nie wag nie!  Ek is baie trots op hierdie album.  Hierdie is die eerste album waarop ek regtig weer my eie sê in ‘n baie lang tyd gehad het”.

Die album is ’n versameling snitte wat jou nie net nostalgies sal laat verlang na die verlede nie, maar ook met hoop sal vul vir die toekoms en met waarderende oë sal laat kyk na die hede. Hierdie akoestiese-verwerking bou voort op die wenresep waarvoor dié sanger oor die jare bekendheid verwerf het, maar wys ook ’n splinternuwe kant van sy musiek vir die publiek.

Publiek kan Saterdag om 15h00 inskakel op Dozi se Facebook-blad https://www.facebook.com/Dozifanpage/ vanwaar die vertoning gratis gestroom sal word.

Liedjies op die album waarna aanhangers kan uitsien om te hoor sluit in sy nuutste treffer-enkelsnit, Patykeer Somtyds, Dit is Ook Maar Hier, Dis Hoekom, Ek Wil Vir Jou Sê, As Jy Deur Hel Gaan, Dis Net Woorde, Hiervandaan, Groete, Galgtou, Sing Van Die See, Skemer HemelenSmelt Kroes.

Hierdie is DOZI se negentiendealbumen al twaalfsnitte is oorspronklik, waarvan hy drie liedjies self geskryf het. Stef Kruger het die res geskep. Volgens die sanger, was dit vir hom so lekker om weer saam met hierdie begaafde liedjieskrywer te werk.

VREDE is nou aanlyn hier beskikbaar: 

https://lnk.to/47YsMkvf

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:https://www.facebook.com/Dozifanpage/
Instagram: @doziopperman

Tags

About the author

Guest Contributor

The content that you've just read and enjoyed was written by a guest contributor and Blue Monkey claims no credit for it what so ever.

Add Comment

Click here to post a comment