Music & News The Latest Read

Francois van Coke – Die Toekoms ft Jan Blohm

Die verlede…

“Jan sê ons het ontmoet in Oppikoppi se boonste bar. Ek was dronk en het hom blykbaar ge-headbutt op sy rug. Gelukkig was hy bly om my te ontmoet en daar was geen vuisgeveg nie,” vertel Francois.

Francois vertel verder. “My eerste memory van Jan was by die Geraas Toekennings 2005. Hy het ‘n klomp awards gewen vir sy debut album. Fokofpolisiekar het beste rock album gewen en ons albei het perform op die awards show. Van daar af het ons mekaar oor die jare gegroet by shows, maar het nooit vriende geraak nie. Ek het Jan uit die bloute op 19 Februarie gekontak om te chat oor iets saam skryf en record. #dietoekoms is gebore. Ons is nou chommies.”

Die toekoms

“Dit gaan oor hoe die wêreld lyk op die oomblik en oor hoe die wêreld kan lyk in die toekoms. En dat dit nie altyd belowend lyk nie, maar mens moet aanhou probeer om die beste mens te wees vir die mense rondom jou,” vertel Francois oor sy nuutste enkelsnit.

Francois doen elke jaar ‘n paar nuwe collabs vir Francois van Coke & Vriende. Die toekoms sal vir die eerste keer live gespeel word op die livestream show wat vir 18 September beplan word. (Hou Francois se socials dop vir meer aankondigings oor Francois van Coke & Vriende 2020.)

SKAKELS – Francois van Coke:

Webwerf: francoisvancoke.co.za

Twitter: @FrancoisVanCoke

Facebook: francois.vancoke

Instagram: francoisvancoke

About the author

Guest Contributor

The content that you've just read and enjoyed was written by a guest contributor and Blue Monkey claims no credit for it what so ever.

Add Comment

Click here to post a comment