Dis tyd om die volume op te draai, want JAN JAN JAN bring weer ritme, lag en liefde met hul nuutste enkelsnit, “Liefde in ’n Loopdop”, ’n lied wat die perfekte agtergrondmusiek is vir elke plaasfees, patio-kuier of laatnag dansie in die kombuis.
Die snit is nie net nog ’n liedjie nie, dit is ’n viering van die lekker goed in die lewe: ’n skinkbord vol nostalgie, ’n skoot glasie vol liefde en die soort musiek wat jou laat vergeet van die klok. Met hul bekende speelse styl en ‘n klank wat knipoog na boeremusiek maar steeds modern klink, is hierdie lied gemaak vir mense wat weet hoe om ’n goeie tyd te hê.
Agter die klankbaan skuil die briljante brein van Hugo Ludik en Nic Jordaan van Muse Studios, twee meesters in die Afrikaanse musiektoneel wat weer hul slag wys met hierdie dansvloer-vriendelike treffer.
“Ons het iets wou skep wat dadelik tuis voel, daardie een tune wat jy speel nog voor die vuur reg brand, sommer as almal begin gesels en jy weet dis gaan ’n lekker aand wees,” vertel die groep.
“Liefde in ’n Loopdop” is allesbehalwe ’n agtergrondlied, dit’s die anthem van ’n goeie tyd!
Jy sal dit op al jou gunsteling digitale platforms kry, so maak seker dit’s bo-aan jou braaivleis- of roadtrip-speellys. Want as daar een ding is wat seker is, is dit dat “Liefde in ’n Loopdop” jou voete sal laat jeuk… en jou hart warm sal maak.













Add Comment