The Latest Read What's Happening

Klerekas.com skep werk vir meer as 40 mense, in styl!

Met die slagspreuk, AS JY MOET KOES, DOEN DIT IN STYL, en aangespoor deur die president se opmerking dat dit nou die era van die masker is en dat jy daarsonder nie die huis sal kan verlaat om te gaan werk of inkopiesdoen nie; gaan KLEREKAS.COM jou nou in staat stel om met die haute couture van gesigtoebehore jou nuwe normaal aan te pak. Dié kreatiewe eenstop aanlyn-klerewinkel, wat aan beide mans en dames se behoeftes voldoen – het pas ’n reeks stylvolle ontwerpersgesigmaskers bekendgestel.

Maar, wat meer bewonderingswaardig is, is dat hierdie maskerprojek gedurende die uitdagende tyd vir 45 mense, van pakkers tot stiksters, werk geskep het en dat hierdie mense nou elke aand vir hulle gesinne kos op die tafel kan sit. Deur hierdie stylvolle moet-hê-mode-item deel te maak van jou klerekas, sal jy nie net die koppe laat draai nie maar ook bydra tot iemand anders se inkomste en voortbestaan.

Alhoewel President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat van die inperkingsmaatreëls eersdaags verslap gaan word om die Suid-Afrikaanse ekonomie weer stelselmatig aan die gang te kry, is ons lewens nog ver van terug na normaal. Die coronavirus bly steeds ’n bedreiging en gaan nog vir ’n hele ruk die gang van ons daaglikse bestaan bepaal.

Covid-19 het so baie by die mensdom kom steel – lewens, vryheid, verhoudings, inkomste, menswaardigheid en meer – maar met KLEREKAS.COM se reeks stylvolle ontwerpersgesigmaskers hoef dit nie jou klerekas ook in die skande te steek nie plus jy gee terug en bou op aan dit wat geneem is.

Net soos wat jy juwele en skoene aanskaf om jou uitrusting te komplementeer, gaan jy nou ook nie ’n ander keuse hê as om slim en kreatiewe besluite te maak wanneer dit by jou gesigmasker kom nie. So dis jou besluit of jy in die mode gaan wees of jy – net soos die pandemie met ons almal se leefstyl maak – jou mooi rok met ’n vaal masker gaan bederf.

KLEREKAS.COM het besluit om stylvolle maskers, in verskillende kleure, patrone, temas en groottes, te ontwerp om aan die hele gesin se smaak en behoeftes te voldoen… sodat jy die wêreld kop-om-hoog en in die nuutste maskermodes in die oë kan kyk in hierdie uitdagende tyd en so ook jou deel doen om dié virus op sy plek te sit.

“Wie sou ‘n seisoen terug kon raai dat ’n gesigmasker so ’n gesogte modebykomstigeheid sou word? Ten spyte van hierdie onseker en oorweldigende tye, bied KLEREKAS.COM ’n stylvolle alternatief vir ’n vervelige ou masker en boonop voldoen dit aan al die veiligheidsvooreistes soos deur die regering uiteengesit,” sê Rianca de Wet, besturende direkteur van KLEREKAS.COM oor hulle besluit om maskers te begin vervaardig. “Wanneer ’n persoon met covid-19 geen gesigmasker dra nie, en jy ook nie is die moontlikheid 70% dat die virus kan versprei, maar wanneer julle albei gesigmaskers dra is die moontlikheid slegs 1.5%. Maak die wyse keuse en trap die kieme plat met jou stylvolle, KLEREKAS.COM-masker.”

Rianca, wat in Bethelehem in die Vrystaat grootgeword het, het nog altyd ’n slag met die skêr en nuutste modes gehad. Alhoewel sy na skool Opvoedkunde gaan studeer en haar verder in dramatiese kunste bekwaam het, het haar oog en voorliefde vir die nuutste neigings handig te pas gekom, toe sy en Johan Jansen van Vuuren saam besluit het om ’n aanlyn-klerewinkel te begin nie. Saam-saam het hulle ’n nuwe Mzansi-styl geskep wat op ’n vars en moderne manier elemente van die Afrika-landskap en sy mense.

Daar is meer as twintig verskillende ontwerpe in hulle gesogte reeks beskikbaar om van te kies. Elke masker bestaan uit drie lae materiaal (twee lae minimate en een filtreerlaag tussen-in) en kan in vuurwarmwater gewas word. Verstelbare toutjies verseker dat die masker gemaklik om jou kop en ore pas. Dit kan selfs om die ore of agter die kop vasgehaak word.

Omdat hierdie maskers wasbaar is, is dit herbruikbaar en met twee of drie verskillende opsies in jou en jou gesinslede se arsenaal, kan elke uitrusting perfek gekomplementeer word… of dit nou jou seuntjie se Spiderman-sweetpak, jou stylvolste denim of jou man se elegante swart snyerspak is.

Maskers kan aanlyn bestel word by www.klerekas.com en sal binne tien werksdae, enige plek in die land, op jou voorstoep afgelewer word. Kindermaskers sal jou R50 per masker uit die sak jaag, terwyl volwasse ontwerpe teen R60 een aangeskaf kan word.

KLEREKAS.COM is gebore toe die stigterspaar besluit het om stylvolle knopieshemde vir mans te ontwerp, omdat beide gevoel het dat daar ’n gaping in die mark was hiervoor. Ses hemde, nege dasse, twee broeke en ’n strikdas vir persoonlike gebruik later… het dié eksklusiewe reeks ontstaan. Die sukses van hierdie ‘idee’ het hulle stoutste verwagtinge oortref.

Doen jou deel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp en jouself te beskerm. Bly tuis wanneer jy kan, hou jou afstand, was jou hande… en wanneer jy uitgaan; stap in styl en trap daai kiem plat met een van KLEREKAS.COM se pragtige maskers aan!

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/klerekasdotcom/

Instagram: @klerekasdotcom

Webblad: https://klerekas.com

Like the content? Take a second to support Blue Monkey on Patreon!

About the author

Guest Contributor

The content that you've just read and enjoyed was written by a guest contributor and Blue Monkey claims no credit for it what so ever.

Add Comment

Click here to post a comment