Home » Krismisbed: Die Klankbaan vir Jou Somer, Jou Langpad en Jou Hartklop
Entertainment Featured

Krismisbed: Die Klankbaan vir Jou Somer, Jou Langpad en Jou Hartklop

Net betyds vir die somervakansie, en met Kersfees wat al uit die kombuis se venster loer, verras Jan Jan Jan, saam met Sensasie, ons met ’n splinternuwe enkelsnit wat jou reguit terugvat na eenvoud, avontuur en daardie effense Desember-romanse. “Krismisbed” is hier, en dis klaar op pad om die “repeat”-knoppie op jou playlist warm te speel.

Hierdie lied vang perfek daardie tipiese Suid-Afrikaanse Desembergevoel vas: warm son, grondpaaie, vensters oop, arm uit die Landy, en die wêreld wat net effe stadiger draai. Met ’n speelse, romantiese storielyn neem Krismisbed jou saam op ’n impulsiewe roadtrip, geen selfone, geen skerms, geen gejaag… net ’n klein rugsak, ’n Landy en twee mense wat weer wil connect. Dis die soort lied wat jou laat verlang na ’n spontane wegbreek, al sit jy nog agter jou rekenaar by die werk.

Die lirieke – soos die onweerstaanbare reël: “Ek maak ’n Krismisbed vir jou, agter op die Landy se bak” – skep dadelik ’n beeld van romanse in sy suiwerste vorm. Eenvoud. Vryheid. Langpad-vibes. Sonne wat sak oor plaaspaaie en gelag wat borrel tussen stowwerige bome deur.

Geskryf deur die talentvolle trio Stephan Hugo Botha, Dirk van Niekerk en Khail Kotzenberg, is Krismisbed ’n moet-hê vir enige vakansie-, braai-, of kuier-playlist. Hierdie snit beloof om een van hierdie somer se groot gunstelinge te word – die soort lied wat jou herinner hoekom Desember altyd so lekker voel.

🎧 Beskikbaar op alle digitale platforms.
Maak seker hy’s eerste op jou langpad-speellys… die Landy wag.

Add Comment

Click here to post a comment