Latest Music

Oud-Garsie Stel Eerste Enkelsnit Vry!

Kirsten Richard, voormalige onderhoofseun van Hoërskool Garsfontein (2018), het pas sy eerste enkelsnit, MIA, op sosiale media vrygestel.

Kirsten skryf en komponeer al sy eie musiek vandat hy tien jaar oud is. Hierdie veelsydige sanger is ook reeds ’n bekende gesig in Pretoria se musiek- en vermaakkringe en het onderandere al verskeie hoofrolle vertolk in musiekblyspele en opgetree by groot kuierplekke, funksies en feeste soos Weiveld, Proe’toria, Jakaranda Liggiefees, en meer.

Die musikant studeer tans voltyds Bcom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook die musiekbestuurder by @DieKerk en ’n klavier-, kitaar- en sangonderwyser by 2ndLife School of Music in Garsfontein. Verder tree hy ook weekliks by restaurante in en om Pretoria op.

Sy debuut-enkelsnit, MIA, word eksklusief aan die publiek bekendgestel by Monte de Dios se #FirstFridaysSupperClub op 2 Augustus 2019.

Dit sal ook beskikbaar wees op alle digitale platforms. Hou gerus sy blad dop vir die aflaaiskakels.

Volg Kirsten se loopbaan en optredes op:

Facebook: @KirstenRichardSchlebusch

Instagram: @Kirsten_RS

Vir besprekings en navrae, kontak:

Liezel Boonzaier

E-pos: liezel@2ndlifeband.com

Sel: 083 647 4112

About the author

Guest Contributor

1 Comment

Click here to post a comment

Download Issue 4

Download Issue 3

Download Issue 2

Subscribe to Blue Monkey

Enter your email address to subscribe to Blue Monkey

What you’ve missed